Andaman-eilande | |
---|---|
Ligging van die Andaman-eilande | |
Geografie
| |
Ligging | |
Koördinate | 12°30′N 92°45′O / 12.500°N 92.750°O |
Argipel | Andaman- en Nicobar-eilande |
Totale eilande | 572 |
Hoofeilande | Noord-Andaman-eiland, Klein-Andaman-eiland, Middel-Andaman-eiland |
Oppervlakte | 8 249 vk km |
Hoogste punt | Saddle Peak 732 m |
Administrasie | |
Indië | |
Uniegebied | Andaman- en Nicobar-eilande
|
Hoofstad | Port Blair |
Grootste stad | Port Blair (100 608)
|
Demografie | |
Bevolking | 343 125
|
Die Andaman-eilande (Engels: Andaman Islands) is 'n eilandgroep in die Indiese Oseaan en vorm saam met die suidelike Nicobar-eilande die Indiese uniegebied Andaman- en Nicobar-eilande. Die eilandgroep het 'n bevolking van sowat 343 125 in 2011 gehad en het 'n oppervlakte van 8 249 km². Die hoofstad, Port Blair, het 'n bevolking van 100 608 in 2010 gehad. Die Andaman-eilande is oos van die Indiese subkontinent, in die suidweste van Mianmar en in die weste van Thailand tussen die Golf van Bengale in die weste en die Andamanse See in die ooste geleë.